DA berispe munisipaliteit oor rioolstorting in Oranje-rivier
Die DA in die Noord-Kaap sê hy plaas druk op die Dawid Kruiper-munisipaliteit om dringend te keer dat ‘n rioolstorting die Oranjerivier verder besoedel. Die storting vind reeds die afgelope vier jaar in Upington se nywerheidsgebied plaas. Erica Strauss van die DA sê die storting is nou so erg dat dit sigbaar is en hoorbaar by verstopte mangate uitborrel: