Moontlike wapenverkope aan Rusland kan hele doeanie-unie raak
Die kwessie van moontlike wapenverkope deur die ANC-regering aan Rusland het ‘n diplomatieke herrie ontketen en die rand laat tuimel. Op ‘n stadium vanoggend het die rand op 19,44 teen die Amerikaanse dollar verhandel maar het effe versterk en verhandel rondom 19,23. Terwyl die waarde van die buurland se geldeenheid Namibië raak, is daar ander impakte op ons en die streek. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.