Sanksies teen LIV-spelers ingestel

Die DP World Tour het sanksies ingestel teen 26 spelers wat sonder toestemming aan die LIV Golf- en Asian Tour-toernooie deelgeneem het. Die sanksies is op individuele gevalle gebaseer en boetes wissel van 300 190 tot 24,01 miljoen Namibiese dollar vir elke oortreding, asook ‘n skorsing van tot agt toernooie. Spelers soos Lee Westwood en Ian Poulter het vroeër die maand hulle lidmaatskap opgesê. Die DP World Tour sê spelers wat bedank het sal eers weer  vir lidmaatskap aansoek kan doen wanneer hulle boetes betaal is, waarna hulle skorsing van krag sal word.