Ramaphosa sê oor die beëindiging van beurtkrag
President Cyril Ramaphosa sê die kwessie rondom die nasionale ramptoestand oor die kragkrisis was veronderstel om ‘n hulpmiddel te wees om die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, by te staan. Ramaphosa het vrae in die Parlement beantwoord en sê drie departemente, naamlik Elektrisiteit, Minerale Bronne en Openbare Ondernemings, werk nou saam om te verseker daar is tasbare maniere om beurtkrag te beëindig. Hy sê die regering ondersoek verskeie energiebronne om moontlike hoër fases van beurtkrag te vermy: