Nee, Samherji het nie jammer gesê nie

Die ‘We are sorry’-plasing was eenvoudig te goed om waar te wees, al het dit die maatskappy se webwerf so geloofwaardig nageboots. Namibia Fact Check het ondersoek ingestel na wat gelyk het asof die Yslandse vismaatskappy Samherji aan Namibië om verskoning vra vir die Fishrot-skandaal. Alles het uiters eg gelyk. Daar was selfs skakels na ander webblaaie maar, Namibia Fact Check sê maatskappye vra nie so om verskoning nie. Die plasing het verskeie erkennings ingesluit, soos dat die maatskappy erken dat hy fasiliteringsfooie gebruik het om korrupte finansiële transaksies moontlik te maak, winste uit Namibië te onttrek en minimale belasting te betaal. Hy het blykbaar oor toegegee dat hy onwettig voordeel getrek het uit kwotas, wat gelei het tot werksverliese en langdurige skade aan die Namibiese ekonomie. Samherji het homself reeds distansieer van die sogenaamde plasing. Namibia Fact Check sê soveel soos wat Namibiërs wou gehad het dit moet waar wees, is dit nie.