Stad Tshwane lei 100 dwelm-beamptes op
Die Stad Tshwane het begin met opleiding vir 100 dwelmmisbruik-beamptes of gemeenskaps-patrolleerders oor basiese noodhulp, misdaadtoneel-bestuur, selfverdediging en brandbestryding. Studente is ook ingelig oor die belangrikheid van MIV/vigs-bewusmaking en -voorkoming. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir gesondheid, Rina Marx, sê hierdie opleiding vorm deel van die Gemeenskaps-gerigte Middelmisbruik-program wat ‘n vennootskap tussen die Stad Tshwane en die Universiteit van Pretoria is.