Beyoncé se wêreldtoer skop af
Beyoncé het haar Renaissance-wêreldtoer in Stockholm in die Friends Arena afgeskop. Dis haar eerste solo-toer in sewe jaar. Sy het drie ure lank sonder ‘n openingskunstenaar in die Sweede hoofstad opgetree. Sy het die eerste keer liedere soos Break My Soul, Virgo’s Groove, Cuff It, van haar nuwe album Renaissance gesing, asook treffers van vorige albums soos Crazy in Love van 2003. Beyoncé sal ná haar wêreldtoer waartydens sy 57 vertonings gaan hou, byna 37,73 miljard Namibiese dollar ryker wees.