Inflasie vir April is effe af op 6,1%

Inflasie vir April het gedaal na 6,1 persent teenoor 7,2 persent wat in Maart aangeteken is. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die noordelike deel van die land, bekend as sone 1, het die hoogste inflasiesyfer gehad met 6,3 persent terwyl sone 3, wat Erongo, Omaheke en die Suide insluit, 6 persent aangeteken het. Sone 2, die Khomas-streek, het 5,9 persent aangeteken. Sonneblom-olie was duurste in die Khomas-streek teen 36,89 vir 750 milliliter en goedkoopste in die noordelike dele van die land teen 36,07.