Vloei by Ruacana daal steeds
Die vloei van die Kunene-rivier by Ruacana neem steeds af. Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens is 394,1 kubieke meter per sekonde ‘n week gelede aangeteken teenoor 270,4 vandag. Verlede jaar hierdie tyd was vloei 213 kubieke meter per sekonde aangeteken. Die diens sê die Zambezi-rivier se vlakke styg steeds en is tans op 5,34 meter met vloei van 3 420 kubieke meter per sekonde terwyl die Okavango op 5,44 meter is met vloei van 264 kubieke meter per sekonde.