Outistiese kinders suip aan die agterspeen met skole

Namibiese leerders met spesiale behoeftes het uitdagings in die onderwyssektor met ‘n gebrek aan spesiale skole en infrastruktuur in die land. Nes in die buurland, het Namibië spesiale skole vir leerders met verskillende leerbehoeftes, maar daar is ‘n gebrek aan skole vir outistiese kinders. Dagbreek in Windhoek se skool-administrateur, Bianca Hamases het by navraag van Kosmos 94.1 Nuus gesê hul skool maak ook voorsiening vir outistiese leerders.