Denosa kla oor haglike hospitale in Noord-Kaap

Die Suid-Afrikaanse verpleegorganisasie Denosa het sy kommer uitgespreek oor die beweerde onmenslike toestande in die Kuruman-distrikshospitaal in die Noord-Kaap. Die provinsiale sekretaris, Anthony Vassen, sê die situasie is haglik, met pasiënte wat op die vloer slaap en sale wat oorvol is. Hy het ‘n beroep op die regering gedoen om dringend in te gryp en aandag te skenk aan die situasie: