Bibi sê hulle is gereed vir nog aanvalle in Gasa

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê sy regering is gereed vir die moontlikheid van ‘n uitgebreide veldtog en swaarder lugaanvalle teen Gasa. Dit volg nadat Gasa-soldate gister sowat 270 vuurpyle op Israel afgevuur het in reaksie op Israeliese lugaanvalle wat Dinsdag begin het. Een-en-twintig mense is dood, insluitend drie senior Islamitiese Djihad-bevelvoerders en minstens tien burgerlikes. Meer as 100 Palestyne en minstens 19 Israeli’s en buitelanders is vanjaar al in die Wesoewer en die Gasastrook dood.