Massa-sterilisasie van huisdiere is plaaslik nodig – fondse ontbreek

Nes in Kaapstad, is ‘n massa-sterilisasieprogram vir troeteldiere in Namibië nodig, maar befondsing is nodig. Stad Kaapstad het in tien jaar byna 15 000 huisdiere teen ‘n koste van meer as 6,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand gesteriliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende en geliefde Windhoekse veearts, dr. Ian Baines, wat ook gratis veeartsenydienste regoor die land aanbied, gepraat oor of Namibië ook ‘n massa-sterilisasieprogram moet oorweeg.