Rand moet onder 18 verhandel vir petrolprys om te daal

Brent ru-olie het in die afgelope maand met amper 11 persent teruggesak as gevolg van vrese vir ‘n resessie wat vraag na die kommoditeit sal demp. ‘n Ontleding deur Simonis Storm toon dat olie, ten minste vir die jaar, behoort verder te daal wat tegnies beteken dat Namibiese verbruikers verligting in die brandstofprys kan verwag. Maar, die makelaarsfirma het sy kommer uitgespreek oor die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en Amerikaanse dollar. Sou die rand bo 18 teen die Amerikaanse geldeenheid bly, sal daar geen verligting in die brandstofprys kan wees nie. Op die oomblik verhandel die rand op 18,86 maar Simonis Storm voorspel ‘n wisselkoers vanjaar tussen 17,65 en 17,95 vir die jaar.