Voedselproduksie in die Otjozondjupa-streek kry huptsoot

Wêreldvoedselprogram het ‘n memorandum van verstandhouding oor voedselproduksie en -sekuriteit met inwoners van die Otjozondjupa-streek onderteken. Deur die ooreenkoms sal die twee entiteite geskikte landbouterreine in die streek identifiseer, asook die tipe boerdery-aktiwiteite wat toepaslik is. James Uerikua, die goewerneur van Otjozondjupa, stel voor dat gebiede met sterk ondergrondse waterbronne oorweeg moet word, aangesien besproeiings-aktiwiteite ‘n groot rol in die sukses van die program sal speel. Uerikua sê die implementering van die diversifisering van boerderymetodes moet oorweeg word met inagneming van die gebrek aan reënval.