61 vas in Italië na mafia-klopjag

Italiaanse polisie het nog 61 vermeende lede van die land se magtigste mafia, die Ndrangheta, in hegtenis geneem. Owerhede het verlede week 132 vermeende lede in verskeie Europese lande, insluitend Duitsland, Italië en Frankryk, asook in Brasilië vasgetrek. Hulle word verdink van misdade soos bedrog, dwelmhandel, die afpersing van plaaslike boere en infiltrering van die regering. Europol sê die netwerk het hoofsaaklik op internasionale dwelmhandel van Suid-Amerika na Europa en ook Australië gefokus.