Oud-premier van Pakistan bly agt dae in aanhouding midde protes
‘n Hof in Pakistan het beslis dat die voormalige eerste minister, Imran Khan vir agt dae in aanhouding bly op aanklagte van korrupsie. Sy inhegtenisneming het tot wydverspreide betogings in die land gelei. Volgens berigte is agt mense reeds dood. Die betogings in onder meer Lahore, Islamabad, Karachi en Peshawar duur voort. In die hoofstad Islamabad het die polisie skeepsvraghouers gebruik om paaie om die hof waar Khan sou verskyn, te versper. Die betogers het daarna verskeie roetes versper. Die polisie het by tye traanrook gebruik om die betogers uiteen te dryf.