Rugby: Blitsbokke wil sterk eindig in Wêreldreeks

Rugby: Die Blitsbokke is baie ingenome met die aankoms van verskeie ervare spelers vir die laaste twee rondes van die Wêreldrugby Sewes-reeks. Die span is in Toulouse vir die voorlaaste toernooi in Frankryk, met Justin Geduld, Dewald Human, Ronald Brown, Shilton van Wyk en James Murphy wat by die groep aangesluit het. Suid-Afrika is tans sewende op die punteleer en die hulpafrigter, Philip Snyman, sê hulle besef hulle moet onder die eerste vier eindig om outomaties te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele.