Standaarde vir outistiese leerders in skole is broodnodig

Noordwes se LUR vir Onderwys, Viola Motsumi, sê die provinsie verander die benadering om leerders met spesiale behoeftes te hanteer. Die provinsie het 23 spesiale skole vir leerders met verskillende behoeftes, maar geen skool vir outistiese kinders nie. Die departement se woordvoerder, Elias Malindi, sê in ‘n poging om hierdie skole dieselfde aandag as hoofstroomskole te gee, het LUR Motsumi die Wes-Kaapse Onderwysdepartement besoek om meer te wete te kom oor standaarde vir skole vir outistiese leerders: