Verdamping by Neckartal genoeg vir 2 000-hektaar se besproeiing
Die jongse dambulletin van NamWater toon dat ‘n reuse 1,819 miljoen kubieke meter water in ‘n week uit die Neckartaldam verloor is. Dit is ongeveer dieselfde hoeveelheid wat die Mariental-boere in die plantseisoen, voor dit reën per week gebruik om meer as 2 000 hektaar se gewasse te besproei. Die dam word steeds glad nie benut nie alhoewel, planne in werking is. Die woordvoerder van die landbouministerie Jona Musheko sê daar is geen toeste by die dam uitgevoer nie en dus is dit as gevolg van verdamping.