B2Gold stel wetenskap-wa beskikbaar
Otjikoto B2Gold Mine het ‘n voertuig toegerus met ‘n verskeidenheid fisiese wetenskap toerusting wat slegs in moderne laboratoriums gevind word, aan die Otjozondjupa-streek se onderwysdirektoraat van oorhandig. Die voertuig, wat op ‘n waarde van 1,5 miljoen Namibiese dollar beraam word, is as ideaal vir die streek beskryf, omdat skole ver uitmekaar is uit. Die skenking word as uiters belangrik beskou veral omdat leerders uitdagings met fisiese wetenskap het en omdat daar oor die algemeen ‘n tekort aan laboratoriumtoerusting by staatskole is.