Mens-dier-konflik: Oplossings vir beide kante moet gevind word

Die nasionale konferensie oor mens-dier-konflik het vanoggend in die hoofstad begin en duur tot 12 Mei. Die toenemende gevalle van die konflik, met amper 1 500 wat jaarliks aangemeld word, bedreig Namibië se bewaringsdoelwitte en maak landelike gemeenskappe meer kwesbaar. Dit is ook duur met 16,4 miljoen Namibiese dollar wat tussen 2008 en 2018 in kompensasie uitbetaal is. Die kompensasie dek ook nie die koste van die diere nie. Die omgewingsminister, Pohamba Shifeta het afgevaardigdes aangemoedig om oplossings te vind wat albei kante tegemoet kom.