City Power soek ook sy geld maar dis 10 miljard
Dis nie net NamPower wat sukkel met uitstaande skuld nie. City Power sê hy gaan pogings verskerp om in die komende maande inkomste in te vorder. Inwoners skuld dié instelling sowat 10 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die Johannesburgse kragverskaffer het gewaarsku hy gaan nie langer reageer wanneer hy uitgeroep word na kragonderbrekings by kliënte wat weier om vir elektrisiteit te betaal nie. Die sluit ook kliënte in wie se rekening agterstallig is. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê hulle het te doen met ingewikkelde en dikwels duur prioriteite en verwagtinge van ‘n verskeidenheid rolspelers: