Groot koue, met reën in SA, en hier, op pad

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat baie koue en reënerige weer later die week in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap verwag word en tot die naweek sal duur. Bewolkte en koue tot baie koue weer sal van môre af in die Wes- en Noord-Kaap voorkom en later uitbrei om die naweek ook die grootste deel van die Oos-Kaap in te sluit. Die stelsel sal ook Vrydag koue toestande na Namibië bring. Die buurland se weervoorspeller, Garth Sampson, sê die stelsel sal gepaard gaan met wydverspreide reën, en swaar reën en plaaslike oorstromings is ‘n moontlikheid: