Kragkrisis moet aangespreek word om SA-ekonomie te beskerm
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê om die land se ekonomie te beskerm is sy eerste taak met die energiekrisis. Hy het aan die Nasionale Raad van Provinsies Eskom se gebruik van diesel verdedig, wat tot soveel as 30 miljard Suid-Afrikaanse rand kan kos, en gesê dis nodig om te keer dat die ekonomie in duie stort. Ramokgopa sê om slegs een keer nie aan die vraag te voldoen nie beteken sowat 300 miljard rand in verlore ekonomiese produksie en ‘n inkrimping van vyf-persent in die bruto binnelandse produk: