SA het landwye tekort aan bloutong-entstof

Die Suid-Afrikaanse Rooivleis-produsente-organisasie het boere gewaarsku teen die gebruik van onwettige en nie-goedgekeurde entstowwe in hul kuddes. Die organisasie sê dit is bewus van berigte dat sommige boere, weens die landwye tekort aan bloutong-enstof, hul diere met die onwettige entstowwe behandel om die siekte se verspreiding op hul plase te voorkom. Die enstof-tekorte is glo weens stukkende en verouderde masjinerie by die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad…