Nantu deel bekommernisse van onderwysers
Die tiende Afrika Onderwys- en-Onderrigkonferensie wat deur die Afrika Federasie vir Onderwys-regulerende Owerhede, die Namibiese onderwysministerie en die Nasionale Onderwysersvakbond, Nantu, aangebied word, het vandag in Windhoek begin. Die hoofdoel van die geleentheid is om die rolle van die ministeries, regulerende owerhede en ander belanghebbendes te hersien en te hernu. Die doel is die herlewing van die onderwysberoep in Namibië en om dit vaartbelyn met die vasteland se doelwitte te maak. Onderwys in Namibië sukkel, veral met die skokkende uitslae verlede jaar. Dié driedaagse beraad eindig Vrydag. Die waarnemende president van Nantu, Daniel Humbu het sommige van die bekommernisse van die onderwysers tydens die opening-seremonie gedeel…