SA gholfspeler sterf aan kanker
Gholf: Die voormalige Suid-Afrikaanse beroepspeler, John Bland, is op die ouderdom van 77 aan kanker oorlede. Hy het sy beroepsloopbaan in 1969 begin en altesaam 19 titels in die Sonskyn-reeks gewen en vier keer die reeks se Orde van Verdienstelikheid ingepalm. Bland het vyf PGA Toer-toernooie en drie Legends Toer-toernooie gewen. Hy het twee titels op die DP World-toer gewen en was nommer 48 in die wêreld. Bland se vrou, Sonja, sê hulle het tydens sy siekte ongelooflike ondersteuning ontvang van sy lewenslange vriende.