Pensioengeld-bepaling van Fima sal eers gekonsulteer word, nog nie van krag nie
Die omstrede Fima-wetsontwerp is steeds in die nuus. Die finansministerie het weer op sy sosiale media platforms die publiek daaraan herinner dat die bepaling oor die verpligte behoud van aftreevoordele nie in werking sal tree nie. Die finansminister Ipumbu Shiimi sal op 15 Mei Tegniese Advieskomitee oor die kwessie aanstel wat dan konsultasies sal hou en terug rapporteer aan die minister. Die ministerie se woordvoerder Wilson Shikoto het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.