Staat gaan appelleer teen Nulane-vrylatings
Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland het ‘n appèl ingedien teen die uitspraak in die Nulane Investments-saak van bedrog en geldwassery van 24,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand. In die eerste staatskapingsaak wat in die hof beland het, het die Vrystaatse Hooggeregshof Artikel 174-ontslag aan die beskuldigdes in die saak toegestaan. Die ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê regter Nompumelelo Gusha het ‘n fout gemaak om die beskuldigdes vry te spreek omdat die staat prima facie-bewyse voorgelê het waarvolgens ‘n redelike hof hulle moontlik kon skuldig bevind: