Saftu is nie verbaas dat ANC wil appelleer teen hof se beurtkrag-beslissing nie

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê hy is ontsteld maar nie verbaas nie oor die regering se besluit om te appelleer teen ‘n hofbeslissing dat sekere openbare geriewe van beurtkrag uitgesluit word. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het die regering verlede Vrydag opdrag gegee om alles moontlik te doen sodat hospitale, klinieke, skole en polisiekantore beurtkrag kan vryspring. Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, sê dis duidelik dat beurtkrag die regte van die land se algemene bevolking skend: