Vucic veroordeel optogte regoor Serwië

Die president van Serwië, Aleksandar Vucic, het die protesoptrede veroordeel waarin die bedanking van ‘n aantal senior amptenare geëis word ná twee massa-skietvoorvalle verlede week. Tienduisende Serwiërs het gister na die hoofstad, Belgrado, opgeruk en ook geëis dat die aanhitsing van geweld in die media en openbare plekke onmiddellik gestaak word. Vucic sê die opposisieparty wil vir eie belang munt slaan uit ‘n nasionale ramp. Sewentien mense is Woensdag en Donderdag doodgeskiet, onder wie agt kinders by ‘n laerskool.