Kaapse buurtwagte word ondersteun in misdaadbekamping
Die Stad Kaapstad het die buurtwag-ondersteuningsprogram uitgelig as ‘n goed gevestigde projek van sy Direktoraat vir Veiligheid en Sekerheid. Die program verskaf opleiding en toerusting aan talle geakkrediteerde buurtwagte in die metropool. Vanjaar is net minder as 5,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die program bewillig. Die voorsitter van die portefeuljekomitee vir Veiligheid en Sekerheid, Mzwakhe Nqavashe, sê radionetwerke, veiligheidsentrums en skakelbeamptes is bykomende projekte om lede te bemagtig in die stryd teen misdaad: