Allen-skietery dalk deur verregse ekstremis – ondersoek duur voort
Federale owerhede in die VSA ondersoek die moontlikheid dat die gewapende man wat Saterdag agt mense by ‘n winkelsentrum in Dallas, Texas, vermoor het, dalk deur regse ekstremisme gemotiveer is. Die skieter is op die toneel dood en uitgeken as die 33-jarige Mauricio Garcia. Hy het ‘n AR-15-styl geweer gebruik en taktiese gevegstoerusting tydens die skietery gedra. Owerhede sê hy het ook ‘n klereplakker gedra met die letters RWDS, wat staan vir Right Wing Death Squad. Dié frase is gewild onder regse ekstremiste en wit oppermagsgroepe.