Groot kommer: Eskom berei op fase 9 voor, Nersa op 16
Daar is plaaslik groot kommer oor beurtkrag in Suid-Afrika na die nuus dat Namibië verlede jaar meer as 71 persent van sy kragbenodighede ingevoer het met die groter meerderheid wat van Eskom afkomstig is. Die buurland se reguleerder, Nersa, het onlangs protokolle voorberei tot by fase 16-beurtkrag en nou sê Eskom se nasionale beheersentrum ‘n bygewerkte gebruikskode wat voorskryf hoe munisipaliteite op fase nege-beurtkrag en hoër moet reageer, is gereed om aan Nersa voor te lê. Die DA sê die nuus dat protokolle afgehandel is om fase nege-beurtkrag en hoër te hanteer, is skrikwekkend. ‘n DA-woordvoerder, Samantha Graham-Maré, sê die ANC-regering moet ophou sloer en alles moontlik doen om die land se elektrisiteitskrisis op te los: