Trump is ‘n ‘gewoonte-leuenaar, seksuele molesteerder’

E Jean Carroll se prokureur, Roberta Kaplan, het in haar slotrede aangevoer oudpresident Donald Trump van Amerika is ‘n gewoonte-leuenaar en seksuele molesteerder wat aanspreeklik gehou moet word omdat hy nie bo die reg verhewe is nie. Carroll, ‘n gewese skrywer van tydskrifartikels, beweer Trump het haar in 1996 in die Bergdorf Goodman-afdelingswinkel verkrag en toe belaster toe hy haar bewering ontken het. Trump se prokureur, Joe Tacopina, het in sy slotrede gesê groot dele van Carroll se weergawe is ongelooflik en merkwaardig. Die jurie van nege lede begin vandag met hulle inspraak.