Kaapstad ontvang 145 000 toeriste van passasierskepe
Kaapstad en die Wes-Kaap het ‘n rekord-toerismeseisoen met pasassierskepe behaal, wat oorheers is deur die VSA, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Tydens die afgelope seisoen, wat in Oktober 2022 begin en in Mei 2023 eindig, is 145 000 passasiers sowel as 42 000 bemanningslede aan die Kaapse kus verwelkom. In totaal het die 2022/2023-seisoen 75 passasiersskepe verwelkom in vergelyking met die laaste volledige seisoen in 2019/2020, wat 39 skeepsbesoeke gehad het met ‘n geraamde 42 000 aankomende passasiers. Die Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger…