Die Durban-indaba is ‘n groot geleentheid vir plaaslike toerisme
Die Namibiese toerisme-bedryf sal die week die Afrika Reis-indaba in Durban bywoon. Die indaba is een van die mees ikoniese Afrika-toerismeplatforms en is uiters belangrik vir markontwikkeling. Afgevaardigdes sal ook ‘n ekstra dag hê wat klem sal lê op besigheidsontwikkeling. Nathaly Ahrens van die Toerisme en Safari-vereniging sê dit sal ‘n fantastiese geleentheid wees omdat dit die eerste keer is na Covid wat dit gehou word.