ArcelorMittal staking afgeweer met 6,5% verhoging

Die nasionale metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika, Numsa, het ‘n salarisooreenkoms van 6,5 persent met ArcelorMittal Suid-Afrika onderteken en ‘n staking afgeweer. Die ooreenkoms van drie jaar is bindend vir alle permanente werkers. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die salarisooreenkoms sluit ook ‘n eenmalige kontantbonus van 10 000 Suid-Afrikaanse rand in en ‘n 6.5 persent-verhoging in die mediesefondssubsidie: