Entstof-tekort bedreig voedselsekerheid in SA

Die DA sê hy is erg bekommerd oor die voortslepende tekort aan entstowwe en die moontlike bedreiging wat dit vir die land se voedselsekerheid inhou. Boere het volgens berigte onwettig bekomende entstowwe begin gebruik om skape teen bloutong te beskerm as gevolg van die ernstige tekort aan vervaardiging by die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte. ‘n DA-woordvoerder, Noko Masipa, sê 50 persent van boere se veetroppe vrek omdat daar nie entstof beskikbaar is nie: