21 verdrink op oorlaaide toeristeboot in Indië

Die Indiese regering het ‘n nasionale dag van rou verklaar nadat minstens 21 mense verdrink het toe ‘n toeristeboot in die land se suidelike staat Kerala omgeslaan het. Die boot met sowat 40 passasiers, meestal vroue en kinders, was oorlaai. Minstens tien passasiers word in verskeie hospitale behandel met vier wat in ‘n bedenklike toestand is. Bootongelukke kom algemeen voor in Indië, waar vaartuie dikwels oorlaai is en daar nie genoeg veiligheidstoerusting aan boord is nie.