Wagwoorde is steeds die swakpunt in kubermisdaad

Kubermisdaadkenners waarsku daar moet nie heeltemal op wagwoorde staatgemaak word vir sekerheid nie. ’n Mimecast-verslag dui aan 71 persent van Suid-Afrikaanse maatskappye het een of ander vorm van kuberaanval ervaar. Mimecast se kuberveiligheidskenner, Duane Nicol, waarsku dat ‘n wagwoord alleen nie genoeg is om toestelle  en inligting aanlyn te beskerm nie. Hy doen ‘n beroep op die publiek om nie dieselfde wagwoord op verskillende aanlynplatforms te gebruik nie en beveel die gebruik van sterker wagwoorde aan om aanlynsekerheid te verbeter: