Verhuising is moeilik, en duur

Talle Suid-Afrikaners dink daaraan om na ander lande te emigreer weens die huidige toestand in Suid-Afrika. Beurtkrag, die swak ekonomie en misdaad dra daartoe by. Maar kenners waarsku daar is ‘n lang lys van vereistes. Dit sluit in visums, banke, werkspermitte, die vervoer van items en blyplek. Die besturende direkteur van Crown Relocations Africa, Ian Pettey, sê verhuising kan ‘n lang en moeilike proses wees wat ook duur kan wees: