Borstlap se toestand is bestendig, sal oorgeplaas word na Jhb-hospitaal

Die toestand van die bekende Otjiwarongo-sakeman Theo Borstlap word as bestendig beskryf. Hy het Vrydag erge brandwonde opgedoen op sy plaas en is opgeneem in ‘n Windhoek-hospitaal. Sy skoonseun, die bekende Namibiese fietsryer Jacques Celliers sê Borstlap haal op sy eie asem maar sal na Johannesburg oorgeplaas word vir verdere behandeling.