Koning Charles moet die nalatenskap van kolonialisme aanspreek
Twaalf Statebondlande eis koning Charles moet om verskoning vra vir die gevolge van kolonisasie en die nalatenskap van volksmoord. Die eis is herhaal op die naweek van sy kroning. ‘n Groep Suid-Afrikaners wil ook hê die land se diamante, soos die Ster van Afrika in die monargie se septer, moet teruggegee word. ‘n Senior navorser by die Trade Collective-konsultante, Lebohang Pheko, sê die koning het nog niks gedoen om vir die nalatenskap van kolonisasie te vergoed nie: