Groot vergadering om plaaslike onderwys te ‘hernu’
The Namibiese onderwysministerie, die Nasionale Onderwysersvakbond en die Afrika-federasie van Onderwys-regulende Owerhede sal die week ‘n vergadering in die hoofstad hou in verband met onderwys-standaarde. Die hoofdoel van die geleentheid is om die rolle van die ministeries, regulerende owerhede en ander kritieke belanghebbendes te hersien en te hernu. Die doel, volgens die ministerie is die herlewing van die onderwysberoep in Namibië en om dit vaartbelyn met die vasteland se doelwitte te maak. Onderwys in Namibië sukkel met skokkende uitslae verlede jaar. Net meer as 5 800 graad 12’s het vir tersiêre instansies gekwalifiseer uit net meer as 38 000 leeders. Dit beteken dat meer as 33 000 leerders vanjaar vakke sal moet herhaal of, werk soek, wat daar nie is nie. Onderwysers is talle male nie gekwalifiseer nie of het nie toegang tot voldoende hulpbronne nie, en talle is oorwerk met tot 50 kinders of meer, in ‘n klas.