Iran stel ‘terroris’ tereg

Volgens die regbank in Iran is die Sweeds-Iraanse burger Habib Chaab vandag terggestel nadat hy skuldig bevind is aan ‘terrorisme op aarde’. Hy word sedert Oktober 2020 aangehou en op 6 Desember verlede jaar skuldig bevind. Hy was die hoof van die terreurgroep Harakat al-Nidal. Stockholm het die teregstelling as “onmenslik” veroordeel. Volgens die mediagroep Mizan Online het Chaab blykbaar aanvalle in die suidweste van Khuzestan, ‘n olieryke provinsie in die land, uitgevoer. Iran stel jaarliks meer mense tereg as enige ander land in die wêreld, behalwe China.