Swartrenosterbul in Otjozondjupa gestroop

Die Namibiese polisie in die Otjozondjupa-streek het ‘n ondersoek van stapel gestuur na ‘n swartrenosterbul op ‘n wildsplaas in die omgewing van Grootfontein gestroop is. Volgens Nampol se inspekteur Maureen Mbeha is die renoster vermoedelik tussen 1 April en 1 Mei gestroop, aangesien die misdaadtoneel oud is en die karkas eers hierdie week ontdek is. Nampol se voorlopige ondersoeke dui daarop dat die renoster twee keer met ‘n jaggeweer in die kop geskiet is en sy horings is verwyder. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.