WGO lei Namibiese mediese noodspanne op

Die Wêreldgesondheids-organisasie ondersteun steeds die Namibiese gesondheidsministerie se pogings om nasionale mediese noodspanne te vestig. Die WGO se streekskantoor vir Afrika het saam met vennote ‘n ambisieuse inisiatief begin wat daarop gemik is om nood-voorbereiding en -reaksie, siekte-toesig en laboratorium-kapasiteit van lande regoor Afrika te bevorder. Tot op hede het 50 Namibiese mediese praktisyns en paramedici opleiding ondergaan en is nou deel van die mediese nood-spanne-rooster vir die land. Dr. Charles Sagoe-Moses, die WGO se verteenwoordiger in Namibië…