NSA bevestig sensus-vakatures

Die Namibiese Statistieke Agentskap nooi graag geskikte aansoekers wat aan die vereistes voldoen om aansoek te doen vir die tydelike vakatures onder die 2023 Bevolking- en Behuisingsensus. Die sperdatum is verleng tot 16 Mei 2023. Die sensus is geskeduleer om vanaf Augustus 2023 plaas te vind. Die laaste nasionale sensus is in 2012 gedoen. Alex Shimuafeni, die statistikus-generaal by die agentskap het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en bevestig dat die vakatures wettig is en nie swendelary nie. Hy nooi belangstellendes uit om aansoek doen.